Op Reis met God (Sagteband)
Op Reis met God (Sagteband) is backordered and will ship as soon as it is back in stock.
Wanneer ons terugkyk oor gebeure in ons lewe, kry ons dikwels ’n nuwe perspektief. Ons kyk nuut na hoogte- en laagtepunte en raak weer bly of hartseer oor keuses wat ons gemaak het. Ons herleef ons reis. Ons sien rigtingwysers wat ons geïgnoreer het; ander wat ons eerder moes gekies het. En dikwels sien ons die genade van God in elke klein en groot belewenis soveel duideliker.
Op reis met God neem die leser op hierdie reis deur die lewe. In 52 kort oordenkings herroep Lizette Murray gebeure uit haar eie lewe, asook ander inspirerende verhale wat tot elke leser se hart sal spreek. Saam met bypassende teksverse, vrae vir nadenke en die herinnering om altyd iets te soek om voor dankbaar te wees, bied hierdie joernaal-dagboek leiding en rigting vir kosbare tye saam met God.
- ’n Joernaal-dagboek vir vroue.
- 52 oordenkings deur Lizette Murray.
- Elke stukkie bevat bypassende verse uit die Bybel en vrae vir dieper denke.
- Sagteband.
- 220 eenkleur-bladsye.
Product Information
Category : Dagstukke
SKU : 9780638011197
Language : Afrikaans
Author : Lizette Murray
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy
Audience : Women
Page Count : 220
Format : Paperback
Sub Category : Vroue
Size : 190 mm x 144 mm x 13 mm
