‘N Hart Vol Hoop (Sagteband)
‘N Hart Vol Hoop (Sagteband) is backordered and will ship as soon as it is back in stock.
Lidia is die dogter van ’n purperhandelaar. Haar hele wêreld draai om drie dinge: haar pa, die grond van haar voorgeslagte en die pers kleurmiddel. Dan verloor sy bykans alles deur ondraaglike verraad.
Met net haar pa se geheime formules vlug Lidia na Filippi en werp alles in die stryd om haar eie besigheid te vestig. Volharding en mense wat sy onverwags op haar pad leer ken, help haar om een van die stad se beste purperhandelaars te word.
Maar vrees skuil in elke skadu, totdat Lidia die apostel Paulus ontmoet en sy boodskap van hoop hoor en só die eerste Christen in die hele Europa word. Tog kan Lidia nie haar geheime vir ewig begrawe hou nie. Wanneer verlede en hede mekaar ontmoet, moet sy kies om óf sterk te staan en op haar jong geloof te vertrou óf te swig voor die vrees wat haar lewe nog altyd oorheers het.
Product Information
Category : Fiksie
SKU : 9781431620579
Language : Afrikaans
Author : Tessa Afshar
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy
Audience : Women
Page Count : 376
Format : Paperback
Sub Category : Histories
Size : 208 mm x 140 mm x 24 mm
