SKU: 9780638010008

Ken Jesus As God Bybelstudie (Sagteband)

R 129.57 excl R 149.00 RRP incl VAT

Ken Jesus As God Bybelstudie (Sagteband) is backordered and will ship as soon as it is back in stock.

Delf diep in die Johannes-evangelie en ontdek die ware Jesus soos Johannes Hom beskryf.

Die hele Skrif openbaar dat Jesus God is, maar geen boek beskryf hierdie waarheid duideliker as Johannes se Evangelie nie. Hierdie Evangelie is ’n openbaring van God se karakter soos dit waargeneem is deur die man aan wie Hy die naaste was.

Ken Jesus as God is ’n Bybelstudie oor 10 weke wat individue of groepe deur die hele Evangelie van Johannes begelei. Dit sluit die volgende in:

• Daaglikse sessies wat nie te lank is nie.
• Vrae vir diep nadenke en plek vir antwoorde en notas.
• Weeklikse uitdagings sodat toegepas kan word wat geleer is.
• Memorisering van teksverse.

Of hierdie studie van Johannes jou eerste of jou honderdste is, die gelyktydige eenvoud en kompleksiteit van hierdie Evangelie-bespreking bied ’n onuitputbare bron van bemoediging. Die boek wat geskryf is “sodat julle tot die geloof kan kom dat Jesus die Messias is, die Seun van God” (Joh. 20:31), wys bladsy vir bladsy dat Hy die bron van ware lewe is!

• ’n Bybelstudie oor 10 weke vir individue of groepe oor die Johannes-evangelie.
• Bevat daaglikse sessies, vrae vir diep nadenke en plek vir antwoorde en notas.
• 224 bladsye.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Knowing Jesus as God.

Product Information

Category : Bybelstudie

SKU : 9780638010008

Language : Afrikaans

Author : Tara-Leigh Cobble

Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy

Color : Blue / Navy

Audience : General

Page Count : 224

Format : Paperback

Sub Category : Algemeen

Size : 245 mm x 171 mm x 14 mm