SKU:
9781776343034
Genesing Vir Trauma: In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Sagteband)
R 173.04
excl
R 199.00 RRP incl VAT
Unit price
/
Unavailable
Shipping calculated at checkout.
Genesing Vir Trauma: In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Sagteband) is backordered and will ship as soon as it is back in stock.
Die tweede, hersiene uitgawe van Genesing vir Trauma is ’n diepgaande, omvattende handleiding wat steun op dekade lange eerstehandse ervaring in berading. Die tweede uitgawe is nie net volledig opgedateer en bygewerk nie, maar bevat ook nuwe hoofstukke, soos die hoofstuk oor die impak van Covid-19.
Beide beraders en slagoffers sal kan baat vind by die verstaanbare, relevante inhoud propvol algemene wysheid en geestelike begeleiding. Elke hoofstuk bevat waardevolle riglyne oor hoe om mense wat 'n spesifieke vorm van trauma beleef het by te staan, en wel binne die Suid-Afrikaanse konteks.
Hierdie opgedateerde uitgawe spreek tot alle groepe binne die Suid-Afrikaanse samelewing. Hoewel die boek vanuit 'n Christelike perspektief geskryf is, is die beradingstegnieke wetenskaplik-gefundeerd en kan dit deur 'n wyer mark gebruik word. Individuele genesing het ’n genesende uitkringeffek op die gemeenskap wat vir almal van belang is. Yvonne Retief se sentrale boodskap is dat daar genesing en hoop vir slagoffers van trauma is.
Verkoopspunte:
• Skrywer is 'n ervare en internasionaal-gerekende berader en opleier
• Nuwe uitgawe volledig opgedateer en bygewerk
• Relevante onderwerp vir ons tyd wat hoop bring
• Inhoud word op 'n toeganklike en praktiese manier aangebied
• Hoog aangeskryf deur kenners op die gebied van trauma, soos dr. Thinus van Staden (Voorsitter: Traumanetwerk) en ander. (Sien agterplat en "Lof vir Genesing vir trauma" op bl. 11.)
• 152 x 228mm (W x H), sagteband

Product Information
Category : Berading
SKU : 9781776343034
Language : Afrikaans
Author : Yvonne Retief
Publisher : Struik Christian Media
Audience : General
Page Count : 240
Format : Paperback
Size : 228 mm x 152 mm x 14 mm