SKU: 9780638011395

Die Vrou in die Middel (Sagteband)

R 303.48 excl R 349.00 RRP incl VAT

Die Vrou in die Middel (Sagteband) is backordered and will ship as soon as it is back in stock.

Dis die 1870’s in Kalifornië. Emeline Wainwright is ’n jong vrou met ’n dienaarshart wie se dae gevul is met onbaatsugtige diens aan ander. Toe ’n vreemdeling Thurmond binnery, huiwer sy nie om hom in hulle dorpie te verwelkom nie. Daar is ’n onbetwisbare aantrekkingskrag tussen die sheriff se mooi dogter en die vreemdeling, maar wanneer die sheriff en die vreemdeling mekaar in die dorp se kroeg ontmoet, herken hulle mekaar dadelik. Emma weet nie van die donker verlede wat die twee mans deel nie. Wanneer sy uitvind dat haar eie verlede ’n leuen is en sy boonop verraai word, begin haar hele wêreld ineenstort.

Francine Rivers se Die vrou in die middel vertel die verhaal van ’n jong vrou wat gekonfronteer word met ’n onmoontlike keuse: Sy moet kies tussen die liefdevolle pa wat haar alleen grootgemaak het, maar vir haar gejok het, en die man wat sy liefhet, maar deur sy begeerte na wraak verteer word. Sal Emma die geluk vind wat sy verdien?

Product Information

Category : Fiksie

SKU : 9780638011395

Language : Afrikaans

Author : Francine Rivers

Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy

Audience : Women

Page Count : 408

Format : Paperback

Sub Category : Histories

Size : 229 mm x 152 mm x 18 mm