Wie Is Ek en Waarom Maak Ek Saak? (Sagteband)
Wie Is Ek en Waarom Maak Ek Saak? (Sagteband) is backordered and will ship as soon as it is back in stock.
Soos kinders ouer word, word hulle met baie vrae oor hulself en hul geloof gekonfronteer: Wie is ek? Waar pas ek in? Is ek ooit goed genoeg? Wat dink ander mense van my? Wat dink God van my?
Chris Morphew help 8- tot 12-jariges al vir meer as tien jaar om antwoorde op hierdie vrae te ontdek. Wie is ek en waarom maak ek saak? is propvol praktiese riglyne en raad om kinders te herinner aan wat God oor hulle sê, dat hulle volgens sy beeld gemaak is en kosbaar is vir Hom.
Jong lesers sal maklik identifiseer met die verhale en voorbeelde in Wie is ek en waarom maak ek saak? Hierdie boek sal hulle help om vrees en onsekerheid te vervang met geloof en selfvertroue, en hulle begelei om hulle eiewaarde in God te ontdek. Hulle sal ook aangemoedig word om werklik in hulle geloof te groei terwyl hulle elke dag saam met Jesus stap.
- Inspirasie vir 8- tot 12-jariges om hulle eiewaarde te ontdek in wie God sê hulle is.
- Ook beskikbaar in Engels onder die titel Who Am I and Why Do I Matter?
Product Information
Category : Kinders
SKU : 9781997464440
Short Code : KDS953
Language : Afrikaans
Author : Chris Morphew
Publisher : Struik Christian Media
Audience : Kids
Page Count : 96
Format : Paperback
Sub Category : Kinders / 8-12 Jaar
Size : 198 mm x 129 mm x 8 mm
