77 Bybel-Verse uit Psalms Wat Elke Kind Moet Ken (Sagteband)
77 Bybel-Verse uit Psalms Wat Elke Kind Moet Ken (Sagteband) is backordered and will ship as soon as it is back in stock.
Die Psalmboek is vol liedere, gebede, lofprysing en beloftes wat kinders leer van God se liefde, getrouheid, beskerming en krag. Dit sal hulle help om die kosbare waarhede van God se Woord op ’n prettige en kreatiewe manier te ontdek.
77 Bybel-verse uit Psalms wat elke kind moet ken help 5- tot 8-jariges om 77 Skrifverse uit die Psalms op ’n maklike, prettige en betekenisvolle manier te memoriseer. Omdat herhaling die sleutel tot onthou is, maak hierdie praktiese boekie dit pret om God se Woord te leer: 1 – Lees dit, 2 – Skryf dit en 3 – Kleur dit in! Kinders lees eers die vers, skryf dit daarna self neer en kleur dan die ontwerpte vers in. Hierdie interaktiewe benadering maak memorisering lekker en help kinders om God se Woord diep in hulle harte te bère – ’n skat wat hulle vir die res van hulle lewe saam met hulle kan neem.
- Ideaal vir gebruik in die Sondagskool en as deel van ’n Christelike tuisskoolkurrikulum.
- Help 5- tot 8-jariges om 77 sleutelverse uit Psalms deur herhaling te memoriseer.
- Die interaktiewe konsep van lees, skryf en inkleur versterk Skrifmemorisering op ’n prettige manier.
- Stel kinders bekend aan belangrike Bybelse temas soos lofprysing, vertroue, gebed, God se beskerming en sy getrouheid.
- ’n Aftik-lys agterin maak dit maklik om af te merk watter verse die kind ken.
- 160 eenkleur-bladsye.
- Sagteband.
- Ook beskikbaar in Engels onder die titel 77 Memory Verses on Psalms Every Kid Should Know.
Product Information
Category : Kinders
SKU : 9780638011258
Short Code : KDS996
Language : Afrikaans
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy
Audience : Kids
Page Count : 160
Format : Paperback
Sub Category : Kinders / 5-8 Jaar
Size : 178 mm x 127 mm x 9 mm
