SKU: 9781431620197

Merk Van Die Leeu-Reeks (Combo)

R 494.78 excl R 569.00 RRP incl VAT
Shipping calculated at checkout.
Reis saam na eerste-eeuse Rome en ontdek hoekom hierdie klassieke reeks miljoene lesers oor die wêreld heen geïnspireer het. Die drie boeke in die Merk van die Leeu-reeks word as ’n spesiale geskenkstel aangebied.
’n Stem in die wind is die eerste boek in die reeks. Dit vertel die verhaal van Hadassa, ’n jong Joodse meisie wat as slaaf weggevoer is, maar steeds vashou aan haar geloof in God. Al voel sy verskeur deur haar liefde vir ’n aantreklike jong edelman, word Hadassa ’n baken van hoop en lig te midde van die duisternis en verval rondom haar.
’n Eggo in die duisternis vertel die verhaal van Markus, ’n welgestelde Romeinse edelman. Diep geraak deur Hadassa se opregte geloof, begin hy wonder of daar nie méér in die lewe is nie. In sy soeke na betekenis en geloof, word hy gelei deur ’n sagte fluistering uit die verlede wat hom kan bevry van die duisternis in sy siel.
Die trilogie sluit af met So seker as wat die dag breek. Dit vertel die verhaal van Atretes, ’n Germaanse stamleier wat sy vryheid as gladiator verdien het. Atretes wil saam met sy babaseun teruggaan na Germanië, maar wat van Rispa, die gelowige weduwee wat sedert sy geboorte vir die seun gesorg het?

Product Information

Category : Fiksie

SKU : 9781431620197

Language : Afrikaans

Author : Francine Rivers

Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy

Audience : Women

Page Count : 1420

Format : Combo

Sub Category : Combo

Size : 220 mm x 150 mm x 76 mm