Hosea – ’n Bybelstudie (Sagteband)
Hosea – ’n Bybelstudie (Sagteband) is backordered and will ship as soon as it is back in stock.
God se oordeel oor sonde is ’n realiteit, maar sy hartsbegeerte is dat elke mens gered sal word; daarom sal Hy nooit ophou om sy kinders te vermaan en na Hom terug te roep nie. En Hy doen dit vandag nog met ons.
Deur die gebeure van Hosea sal hierdie feit vir moderne gelowiges duidelik word. Riekert Botha deel die boek Hosea in twee en bespreek eerstens God se aanklagte teen sy volk en dan God se beloftes van herstel. Gelowiges sal deur die 8 studies ontdek dat sonde nooit ’n onoorkombare uitdaging vir God se genade en verlossing is nie. Hierdie Bybelstudie sal lesers ook help verstaan hoe die gebeure in die tyd van Hosea in Jesus vervul word sodat God se verlossingsplan vir die mens selfs nog duideliker word.
Die 8 studies en vrae vir nadenke kan in groepsverband bespreek word, maar is ook ideaal om op jou eie deur te werk. Dit sal gelowiges toerus om werklik vir God te leef en toerus om die boodskap van die evangelie uit te dra.
Product Information
Category : Bybelstudie
SKU : 9780638011210
Language : Afrikaans
Author : Riekert Botha
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy
Color : Blue / Navy
Audience : General
Page Count : 84
Format : Paperback
Sub Category : Algemeen
Size : 210 mm x 148 mm x 7 mm
