SKU: 9780638011203

Die Kategismus vir Vandag (Sagteband)

R 25.22 excl R 29.00 RRP incl VAT

Die Kategismus vir Vandag (Sagteband) is backordered and will ship as soon as it is back in stock.

Deur die geskiedenis van die kerk heen het Christene versamelings vrae en antwoorde gebruik wat ontwerp is om gememoriseer te word om ander te leer wat die kernleerstellings van die Christelike geloof is. Tog vind baie hedendaagse gelowiges hierdie leerstellings lank en omslagtig. Soveel Christene smag na ’n eenvoudige, betroubare manier om die essensiële leerstellings van die Christelike geloof te leer.

Die Kategismus vir Vandag bevat 52 vrae en antwoorde – een vir elke week van die jaar – oor onderwerpe soos God, die menslike natuur, sonde, Christus en die Heilige Gees. Hierdie waardevolle hulpmiddel sal kinders én volwassenes help om die kernleerstellings van die Christelike geloof uit hulle kop te leer, hulle geloof te versterk en dit met ander te deel.

  • 52 vrae en antwoorde wat die kernleerstellings van die Christelike geloof opsom.
  • 72 eenkleur-bladsye.
  • Sagteband.
  • Ook beskikbaar in Engels onder die titel The New City Catechism.

Product Information

Category : Geestelike Verryking

SKU : 9780638011203

Language : Afrikaans

Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy

Audience : General

Page Count : 72

Format : Paperback

Size : 170 mm x 135 mm x 5 mm