{"product_id":"psalms-elke-dag-vir-vroue-hardeband","title":"Psalms Elke Dag vir Vroue (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDaar word soms van vroue verwag om soveel te dra. Maar soms stamp die lewe jou onderstebo en laat jou weerloos voor God staan. Soms wonder jy hoe jy ooit weer hoop, vrede, troos en krag gaan kry.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie psalms is gevul met soveel emosies – vreugde, hartseer, vrees, dankbaarheid en hoop. Hierdie tydlose liedere en gebede herinner vroue daaraan dat God altyd by hulle is, Hy troos hulle, lei hulle en gee hulle krag vir enige lewensituasie.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie 366 dagstukke in \u003cb\u003e\u003ci\u003ePsalms elke dag vir vroue\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e put uit die eeue oue wysheid van Psalms. Elke dagstuk bevat ’n vers uit Psalms saam met ’n kort oordenking wat jy in jou eie lewe kan toepas. Dit word afgerond met ’n gebed wat vroue sal help om in hul verhouding met God te groei. Deur hierdie oordenkings elke oggend of aand te lees, kan vroue elke dag van die jaar sy krag, vrede en hoop hul eie maak wat Hy so oorvloedig uitdeel.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003e366 dagstukke uit die Psalms.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eElke dagstuk bevat ’n vers uit Psalms, ’n kort oordenking en ’n gebed.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOok beskikbaar in Engels onder die titel Daily in the Psalms for Women.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51313450320167,"sku":"9780638010886","price":242.61,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0780\/0569\/8855\/files\/9780638010886_front.jpg?v=1788257477","url":"https:\/\/christianart.co.za\/products\/psalms-elke-dag-vir-vroue-hardeband","provider":"Christian Art Distributors","version":"1.0","type":"link"}