{"product_id":"op-reis-met-god-sagteband","title":"Op Reis met God (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eWanneer ons terugkyk oor gebeure in ons lewe, kry ons dikwels ’n nuwe perspektief. Ons kyk nuut na hoogte- en laagtepunte en raak weer bly of hartseer oor keuses wat ons gemaak het. Ons herleef ons reis. Ons sien rigtingwysers wat ons geïgnoreer het; ander wat ons eerder moes gekies het. En dikwels sien ons die genade van God in elke klein en groot belewenis soveel duideliker.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eOp reis met God\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e neem die leser op hierdie reis deur die lewe. In 52 kort oordenkings herroep Lizette Murray gebeure uit haar eie lewe, asook ander inspirerende verhale wat tot elke leser se hart sal spreek. Saam met bypassende teksverse, vrae vir nadenke en die herinnering om altyd iets te soek om voor dankbaar te wees, bied hierdie joernaal-dagboek leiding en rigting vir kosbare tye saam met God.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003e’n Joernaal-dagboek vir vroue.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e52 oordenkings deur Lizette Murray.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eElke stukkie bevat bypassende verse uit die Bybel en vrae vir dieper denke.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eSagteband.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e220 eenkleur-bladsye.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51777012367655,"sku":"9780638011197","price":86.09,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0780\/0569\/8855\/files\/9780638011197_front.jpg?v=1785748793","url":"https:\/\/christianart.co.za\/products\/op-reis-met-god-sagteband","provider":"Christian Art Distributors","version":"1.0","type":"link"}