{"product_id":"77-bybel-verse-uit-psalms-wat-elke-kind-moet-ken-sagteband","title":"77 Bybel-Verse uit Psalms Wat Elke Kind Moet Ken (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie Psalmboek is vol liedere, gebede, lofprysing en beloftes wat kinders leer van God se liefde, getrouheid, beskerming en krag. Dit sal hulle help om die kosbare waarhede van God se Woord op ’n prettige en kreatiewe manier te ontdek.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003e77 Bybel-verse uit Psalms wat elke kind moet ken\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e help 5- tot 8-jariges om 77 Skrifverse uit die Psalms op ’n maklike, prettige en betekenisvolle manier te memoriseer. Omdat herhaling die sleutel tot onthou is, maak hierdie praktiese boekie dit pret om God se Woord te leer: 1 – Lees dit, 2 – Skryf dit en 3 – Kleur dit in! Kinders lees eers die vers, skryf dit daarna self neer en kleur dan die ontwerpte vers in. Hierdie interaktiewe benadering maak memorisering lekker en help kinders om God se Woord diep in hulle harte te bère – ’n skat wat hulle vir die res van hulle lewe saam met hulle kan neem.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eIdeaal vir gebruik in die Sondagskool en as deel van ’n Christelike tuisskoolkurrikulum.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eHelp 5- tot 8-jariges om 77 sleutelverse uit Psalms deur herhaling te memoriseer.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eDie interaktiewe konsep van lees, skryf en inkleur versterk Skrifmemorisering op ’n prettige manier.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eStel kinders bekend aan belangrike Bybelse temas soos lofprysing, vertroue, gebed, God se beskerming en sy getrouheid.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e’n Aftik-lys agterin maak dit maklik om af te merk watter verse die kind ken.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e160 eenkleur-bladsye.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eSagteband.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOok beskikbaar in Engels onder die titel 77 Memory Verses on Psalms Every Kid Should Know.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51890122096935,"sku":"9780638011258","price":42.61,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0780\/0569\/8855\/files\/9780638011258_front.jpg?v=1787048186","url":"https:\/\/christianart.co.za\/products\/77-bybel-verse-uit-psalms-wat-elke-kind-moet-ken-sagteband","provider":"Christian Art Distributors","version":"1.0","type":"link"}